GENESIS 7:11-24
GENESIS 7:11-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen; en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank. Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan. Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere — van al die vlees waar 'n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan. En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit. En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde. En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe. En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was. Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was. En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense. Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan. So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was. En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd-en-vyftig dae lank.
GENESIS 7:11-24 Bybel vir almal (ABA)
Noag was 600 jaar oud en dit was die sewentiende dag van die tweede maand van die jaar. Die fonteine onder die grond het oopgegaan en die water het uitgekom. God het ook die water wat bokant die ronde dak is, op die aarde laat val. Die reën het 40 dae en 40 nagte lank op die aarde geval. Dit het begin reën dieselfde dag toe Noag in die ark ingegaan het saam met sy seuns Sem, Gam en Jafet, en ook sy vrou en sy drie skoondogters. Hulle was saam met al die wilde diere, al die mak diere, al die diere wat kruip en al die voëls. Al die diere het twee-twee na Noag toe in die ark gekom. 'n Mannetjie en 'n wyfie van elke soort dier het gekom, soos God vir Noag gesê het. Daarna het die Here die ark se deur agter hulle toegesluit. Dit het 40 dae aanmekaar gereën, en die water het oor die aarde gestroom. Die water het meer en meer geword. Die water het die ark opgelig. Die water het baie diep geword en die ark het bo-op gedryf. Die water was bo-oor die hele aarde en oor al die hoë berge. Dit het nog hoër geword en dit was later 15 el hoër as die berge. Alles wat op die aarde lewe, het verdrink – al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense. Alles wat asemhaal, het verdrink. God het alles doodgemaak wat op die aarde gelewe het. Al die mense, al die diere en al die voëls het verdrink. Net Noag en almal wat by hom in die ark was, het oorgebly. Die water was 150 dae lank oor die aarde.
GENESIS 7:11-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Presies op die sewentiende dag van die tweede maand van die ses honderdste jaar van Noag het die fonteine van die groot waters oopgebreek. Die vensters van die hemel is oopgemaak, sodat daar 'n stortreën op die aarde geval het, veertig dae en veertig nagte lank. Dit was die dag waarop Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, en sy vrou en sy drie skoondogters almal saam in die ark ingegaan het. Hulle, en elke soort wilde dier en mak dier, en al die soorte diere wat kruip, en elke soort voël, alles wat vlieg, het ingegaan. Van al wat leef, het daar pare-pare na Noag toe in die ark gekom. Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gesê het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit. Die oorstroming het oor die aarde gekom, veertig dae lank, en die water het al hoe meer geword. Dit het die ark opgelig en die ark het begin opstyg bokant die aarde. Maar die waters het nog meer en nog sterker geword op die aarde en die ark het op die waters begin dryf. Die waters op die aarde het nog meer en meer geword, sodat hulle al die hoë berge wat daar onder die hemel is, bedek het. Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek. Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense; alles wat die lewensasem in die neus gehad het, alles wat op land geleef het, is dood. So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar. Die water het die aarde honderd en vyftig dae lank oorstroom.
GENESIS 7:11-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die seshonderdste jaar van Noag se lewe, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op daardie dag, het al die fonteine van die groot •oerwater oopgebreek, en die vensters van die hemel is oopgemaak. Daar was stortreën op die aarde, veertig dae en veertig nagte lank. Op daardie selfde dag het Noag, Noag se seuns Sem, Gam en Jafet, en Noag se vrou en sy drie seuns se vroue saam met hulle, die ark binnegegaan, hulle en al die soorte wilde en al die soorte mak diere, al die soorte kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg, en al die soorte voëls – al die voëls, al die gevleueldes. Hulle het na Noag toe die ark binnegegaan, twee-twee van alle diere waarin die asem van lewe was. Dié wat ingegaan het, as manlik en vroulik uit alle diere het hulle ingegaan, soos God hom beveel het. Die HERE het die ingang agter hom gesluit. Die vloed was veertig dae lank oor die aarde. Die water het meer geword, en dit het die ark opgelig, sodat dit hoog bo die grond was. Die water het die oorhand gekry en geweldig vermeerder oor die aarde. Die ark het op die oppervlakte van die water rondgedryf. Die water het heeltemal die oorhand gekry oor die aarde. Al die hoë berge onder die ganse hemel is bedek. Vyftien el bo hulle het die water gestyg, sodat die berge bedek was. Alle diere wat rondbeweeg op die aarde het omgekom – voëls, mak diere, wilde diere, al die diere wat op die aarde wemel, en ook al die mense. Alles wat lewensasem in hulle neuse gehad het, alles wat op droë grond was, het gesterf. Hy het alles wat bestaan, wat op die aardbodem was, uitgewis, mense sowel as diere, ook kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is op die aarde uitgewis. Net Noag en dié wat saam met hom in die ark was, het oorgebly. Die water het honderd-en-vyftig dae lank die oorhand oor die aarde gehad.
GENESIS 7:11-24 Die Boodskap (DB)
In Noag se 600ste jaar, in die tweede maand, presies op die sewentiende dag van daardie maand, het alles begin. Al die fonteine onder die aarde het oopgebars, die hemele se sluise het oopgebreek en die watermassas het neergestort. Dit het 40 dae en nagte so aangehou. Geweldige swaar reën het die aarde dag en nag geteister. Daardie selfde dag het Noag en sy vrou asook hulle seuns, Sem, Gam en Jafet, en hulle vroue in die boot ingegaan. Saam met hulle was daar van elke spesie wilde diere en vee; elke soort dier wat op die aarde rondkruip, elke soort voël, ja, alles wat vlerke het. Een paar van alles wat leef, het saam met Noag in die ark geklim. Dit was die mannetjies en wyfies van alle denkbare soorte diere wat in die ark was, presies net soos die Here vir Noag gesê het. Toe almal binne was, het die Here gekom en self die ark se deur agter hulle toegesluit. Massas water het op die aarde neergestort, 40 dae aanmekaar. Soos die water meer en meer geword het, het dit die ark stadig maar seker begin oplig totdat dit naderhand gedryf het. Die watervlak het elke dag gestyg. Die ark het op die water begin vaar. Naderhand was daar soveel water op die aarde dat die hoogste bergspitse oorstroom was. Die water het meer as sewe meter bokant die hoogste pieke gevloei. Alles op aarde is uitgewis: voëls, vee en wilde diere, asook alle kruipende diere, ook al die mense. Alles wat op die aarde asemgehaal het, is uitgewis. Alles en almal is deur die water van die aarde af weggevee. Net Noag het oorgebly saam met dié wat by hom in die ark was. Vir 150 dae lank het die watermassa oor die hele aarde gespoel.
GENESIS 7:11-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die ses honderdste jaar van Noag se lewe, in die tweede maand, die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die vensters van die hemel is oopgemaak. En die reën het veertig dae en veertig nagte op die aarde geval. Op dieselfde dag het Noag, Sem, Gam en Jafet, die seuns van Noag en Noag se vrou, en die drie vroue van sy seuns saam met hulle, in die ark ingegaan; Hulle en al die diere volgens hulle soorte, en al die vee volgens hulle soorte, en al die kruipende diere wat op die aarde kruip volgens hulle soorte, en al die voëls volgens hulle soorte, al die voëls van elke soort. Hulle het by Noag in die ark ingegaan, twee-twee van alle vlees waarin die asem van die lewe is. En die wat ingegaan het, het man en vrou van alle vlees ingegaan, soos God hom beveel het; en die HERE het hom ingesluit. Die vloed was veertig dae lank op die aarde; en die waters het toegeneem en die ark opgetrek, en dit opgehef tot bo die aarde. En die waters het die oorhand gekry en baie vermeerder op die aarde; en die ark het oor die water gegaan. Die waters het die oorhand oor die aarde gehad; en al die hoë heuwels wat onder die hele hemel was, was bedek. Vyftien el boontoe het die waters die oorhand gekry; en die berge was bedek. Alle vlees wat op die aarde kruip, het gesterwe, van die voëls en van die vee en van die diere en van al die kruipende diere wat op die aarde kruip, en van elke mens; Almal in wie se neusgate die asem van die lewe was, van alles wat in die droë land was, het gesterf. Al die lewende wesens wat op die aarde was, is vernietig, mense sowel as vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; en hulle is van die aarde af vernietig, net Noag het oorgebly en die wat saam met hom in die ark was. Die waters het die oorhand gehad oor die aarde honderd en vyftig dae.
GENESIS 7:11-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op die sewentiende dag van die tweede maand, tydens Noag se seshonderdste jaar, het die onderaardse waters oopgebars. Die reën het ook in strome begin neerstort vir 40 dae en nagte aanmekaar. Op daardie selfde dag het Noag en sy vrou, saam met sy seuns, Sem, Gam en Jafet, asook hulle vroue, aan boord gegaan. Saam met hulle op die ark was daar mak diere, wilde diere, klein kruipende diere, voëls en vlieënde insekte van alle soorte. Van alles wat leef, het twee-twee saam met Noag op die ark gegaan. Dit was mannetjies en wyfies soos God beveel het. Toe het die HERE die deur van die ark agter hulle toegesluit. Dit het 40 dae lank gereën en soos die waters vermeerder het, het dit die ark hoog bokant die grond opgelig. Die water het al meer geword en al hoër gestyg en die ark het daarop begin dryf. Die water het selfs so hoog gestyg dat die hoogste berge op die aarde onder water was. Die water het tot byna sewe meter bokant die hoogste berg gestyg. Alles wat op die aarde lewe, het vergaan – die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende diere en al die mense. Alles wat asemhaal op die droë grond het doodgegaan. Elke lewende wese op die aarde is uitgewis – mense, groot en klein diere en voëls. Hulle is almal dood. Net Noag en hulle wat saam met hom in die ark was, het oorleef. Die aarde was 150 dae lank onder water.