GENESIS 50:21
GENESIS 50:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie bang wees nie. Wees verseker: Ek sal self vir julle en julle gesinne sorg.” Hy het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
GENESIS 50:21 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie nou bang wees nie. Ek sal vir julle en julle kinders sorg.” Josef was baie vriendelik met sy broers en hy het mooi met hulle gepraat. Toe was hulle nie meer bang nie.
GENESIS 50:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
GENESIS 50:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
GENESIS 50:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dus, moenie bang wees nie! Ek self sal julle en julle afhanklikes van kos voorsien.” So het hy hulle getroos en mooi met hulle gepraat.
GENESIS 50:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vrees dan nou nie: Ek sal julle en julle kindertjies voed. En hy het hulle getroos en vriendelik met hulle gepraat.