GENESIS 50:11
GENESIS 50:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense van Kanaän het hulle daar by die dorsvloer van Atad sien rou en gesê: Egipte is swaar in rou. Daarom noem hulle hierdie plek aan die oostekant van die Jordaan Abel-Misrajim .
GENESIS 50:11 Bybel vir almal (ABA)
Toe die mense van Kanaän sien hoe Josef-hulle treur, het hulle gesê die Egiptenaars treur en rou baie. Daarom het hulle die plek Abel-Misrajim genoem. Die plek was oos van die Jordaan-rivier.
GENESIS 50:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is 'n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misráim genoem, wat oos van die Jordaan lê.
GENESIS 50:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die bewoners van die gebied, die Kanaäniete, het die gerou by Goren-Haätad gesien en gesê: “Dit is 'n plegtige rouseremonie vir die Egiptenare.” Daarom het hulle die plek wat oorkant die Jordaan is, Abel-Misrajim genoem.
GENESIS 50:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die rou op die vloer van Atad sien, sê hulle: Dit is 'n ernstige rou vir die Egiptenaars; daarom is die naam daarvan Abelmizraim genoem, wat anderkant die Jordaan is.