GENESIS 49:5-6
GENESIS 49:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Simeon en Levi is die een soos die ander: altyd gereed vir geweld. Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie, in hulle vergaderings wil ek nie kom nie, want koelbloedig het hulle mense vermoor, roekeloos het hulle diere mishandel.
GENESIS 49:5-6 Bybel vir almal (ABA)
“Simeon en Levi is broers wat dieselfde is. Hulle is lief om te baklei. Hulle kom bymekaar en maak planne, maar ek wil nie daar saam met hulle wees nie, want hulle het mense doodgemaak toe hulle kwaad was. Hulle het wrede dinge gedoen aan diere en hulle het die diere se hakskene afgesny omdat hulle lus was om dit te doen.
GENESIS 49:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld. Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
GENESIS 49:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Simeon en Levi is broers – werktuie van geweld is hulle besnydenismesse. In hulle kring moet ek self nie kom nie; met hulle vergadering wil ek my nie vereenselwig nie. Want in hulle toorn het hulle mense vermoor, uit moedswilligheid het hulle beeste se hakskeensenings afgekap.
GENESIS 49:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Simeon en Levi is broers; instrumente van wreedheid is in hulle woonplekke. O my siel, kom nie in hulle verborgenheid nie; Wees nie verenig vir hulle vergadering nie, my eer, want in hul toorn het hulle 'n man gedood en in hul eie wil 'n muur afgegrawe.
GENESIS 49:5-6 Die Boodskap (DB)
“Simeon en Levi is broers. Hulle is mans van geweld en hulle doen die allerverskriklikste dinge. Met hulle geheime planne wil ek niks te doen hê nie. Ek wil nie deel van hulle vergaderings en grootpratery wees nie. In hulle verskriklike woede maak hulle mense dood en maak hulle diere moedswillig kreupel.