GENESIS 49:30
GENESIS 49:30 Bybel vir almal (ABA)
Die grot en grond van Makpela is naby Mamre in Kanaän. Dit is die grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, gekoop het om daar 'n graf te hê.
GENESIS 49:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.
GENESIS 49:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die Makpelagrot teenoor Mamre in Kanaän. Abraham het die stuk grond by die Hetiet Efron gekoop om 'n begraafplek te hê.
GENESIS 49:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
in die grot wat op die stuk grond by Magpela is, oos van Mamre, in die land Kanaän. Abraham het die stuk grond by Efron, die Hetiet, as eiendom gekoop vir 'n begraafplek.
GENESIS 49:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die spelonk wat in die veld van Magpela is, wat voor Mamre lê, in die land Kanaän, wat Abraham saam met die stuk grond van Efron, die Hetiet, gekoop het as 'n besitting van 'n graf.