GENESIS 47:26
GENESIS 47:26 Bybel vir almal (ABA)
Josef het 'n nuwe wet in Egipte gemaak wat tot vandag toe daar is. Een vyfde van alles wat die mense afsny, behoort aan die farao. Maar die priesters se grond het nie die farao se grond geword nie.
GENESIS 47:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Josef het dit 'n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte — die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
GENESIS 47:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josef het hierdie reëling tot vandag toe 'n vaste instelling in Egipte gemaak: 'n vyfde van die opbrengs kom die farao toe. Net die priesters se grond is uitgesonder. Dit behoort nie aan die farao nie.
GENESIS 47:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef het dit toe 'n vaste reëling gemaak wat tot vandag toe geld vir die landerye van Egipte: 'n vyfde van die opbrengs behoort aan die farao. Net die priesters se landerye het nie die farao se eiendom geword nie.
GENESIS 47:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josef het dit 'n wet gemaak oor Egipteland tot vandag toe dat Farao die vyfde deel moet hê; behalwe die grond van die priesters alleen, wat nie aan Farao s'n geword het nie.
GENESIS 47:26 Die Boodskap (DB)
Josef het dit ’n landswet gemaak dat ’n vyfde van die oes aan die koning behoort. Dit is vandag nog in Egipte so. Net die priesters se tempelgronde het nie die koning se eiendom geword nie.
GENESIS 47:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Josef het toe vir die hele Egipte bepaal dat die farao een vyfde van die opbrengs op sy landerye moet kry. Dis ’n bepaling wat nog steeds geld. Omdat die farao nie die landerye van die priesters oorgeneem het nie, was hulle vrygestel van hierdie betaling.