GENESIS 47:22
GENESIS 47:22 Bybel vir almal (ABA)
Josef het al die grond gekoop, maar nie die grond van die priesters nie, want die farao het altyd vir die priesters betaal en vir hulle kos gegee. Daarom het die priesters nie hulle grond verkoop nie.
GENESIS 47:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
GENESIS 47:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het net nie die priesters se grond gekoop nie, want hulle het 'n vaste inkomste van die farao gekry en hiervan het hulle geleef. Daarom het hulle nie hulle grond verkoop nie.
GENESIS 47:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net die landerye van die priesters het hy nie gekoop nie, want daar was van die kant van die farao 'n vaste toelaag vir die priesters. Hulle het genoeg te ete gehad van die vaste toelaag wat die farao vir hulle gegee het. Daarom het hulle nie hulle landerye verkoop nie.
GENESIS 47:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n deel van Farao aan hulle toegeken en hulle deel wat Farao aan hulle gegee het, geëet; daarom het hulle hulle grond nie verkoop nie.