GENESIS 47:19
GENESIS 47:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarom moet ons voor u oë doodgaan? Hier is ons, en daar is ons grond. Koop ons en koop ons grond in ruil vir kos. Ons sal die farao se slawe word en ons grond sal syne wees. Gee vir ons saad dat ons aan die lewe kan bly. En as ons nie sterf nie, sal ons grond nie onbewerk bly lê nie.”
GENESIS 47:19 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom moet ons hier by Meneer sterf? Hier is ons en ons grond. Vat ons en ons grond en gee vir ons kos. Ons sal die farao se slawe wees, en ons grond sal aan hom behoort. Gee vir ons kos sodat ons kan lewe, want as ons dood is, dan sal niemand op ons grond kan werk en saai nie.”
GENESIS 47:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons met ons grond aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.
GENESIS 47:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waarom moet ons voor u oë omkom, ons en ook ons landerye? Koop ons en ons landerye met brood. Ons en ons grond sal in die farao se diens wees; en gee dan vir ons saad, sodat ons kan leef en nie sterf nie, en ons landerye nie verlate lê nie.”
GENESIS 47:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarom sal ons voor U oë sterwe, ons sowel as ons land? koop ons en ons grond vir brood, en ons en ons land sal Farao se diensknegte wees; en gee ons saad, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, dat die land nie woes word nie.
GENESIS 47:19 Die Boodskap (DB)
Meneer, moet tog nie dat ons van die honger doodgaan nie. En moet tog nie dat ons landerye onbewerk en vol onkruid lê nie. Koop dan liewer vir ons en ons landerye en betaal ons met kos. Ons kan maar die koning se werkers word en hy kan maar ons grond besit. As Meneer net vir ons saad kan gee, sal ons bly leef en ons grond sal ook nie verwoes word nie.”