GENESIS 47:13
GENESIS 47:13 Bybel vir almal (ABA)
Daar was baie min kos in die hele land, die hongersnood was baie swaar. Al die mense in Egipte en Kanaän het honger gely.
GENESIS 47:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.
GENESIS 47:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was nêrens meer kos in die land nie, want die hongersnood was swaar. Al die mense van Egipte en Kanaän het daaronder gely.
GENESIS 47:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kos was nêrens in die land te kry nie, want die hongersnood was baie erg. Egipteland en die land Kanaän het versmag van die honger.
GENESIS 47:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was geen brood in die hele land nie; want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die hele land Kanaän beswyk het vanweë die hongersnood.