GENESIS 46:5
GENESIS 46:5 Bybel vir almal (ABA)
Jakob het toe weggegaan uit Berseba. Sy seuns het hulle pa en hulle kinders en hulle vroue op die waens laat ry wat die farao vir hulle gestuur het.
GENESIS 46:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
GENESIS 46:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jakob uit Berseba wou vertrek, het die seuns van Israel hulle pa Jakob en hulle kinders en vrouens op die waens laat klim wat deur die farao gestuur is om op te ry.
GENESIS 46:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het gereedgemaak en vertrek uit Berseba. Die seuns van Israel het hulle vader Jakob, hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat die farao gestuur het om hom te vervoer.
GENESIS 46:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jakob het opgestaan van Berséba, en die kinders van Israel het hulle vader Jakob en hulle kinders en hulle vroue gedra op die waens wat Farao gestuur het om hom te vervoer.