GENESIS 46:34
GENESIS 46:34 Bybel vir almal (ABA)
dan moet julle sê: ‘Ons is nog altyd veeboere, vandat ons klein was. Ons oupas en pa's was ook veeboere.’ Julle moet sê julle is veeboere, dan sal die farao sê julle mag in Gosen woon. Die Egiptenaars hou niks van veeboere nie en hulle wil nie naby veeboere woon nie.”
GENESIS 46:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders — sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 'n gruwel.
GENESIS 46:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
moet julle vir hom sê: ‘Van kleins af tot nou toe was ons veeboere, ons en ons voorvaders.’ Dan sal hy julle in Gosen laat woon, want die Egiptenaars het 'n afkeer van kleinveeboere.”
GENESIS 46:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
moet julle sê, ‘U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe – ons sowel as ons voorvaders’, sodat julle in die Gosenstreek kan woon, want alle herders van kleinvee is vir die Egiptenare afstootlik.”
GENESIS 46:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat julle moet sê: Die handel van U dienaars was van ons jeug af tot nou toe met vee, ons sowel as ons vaders, sodat julle in die land Gosen kan woon; want elke herder is vir die Egiptenaars 'n gruwel.