GENESIS 46:27
GENESIS 46:27 Bybel vir almal (ABA)
Josef het ook nog twee seuns gehad wat in Egipte gebore is. Daar was 70 mense in Jakob se familie wat na Egipte gegaan het.
GENESIS 46:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.
GENESIS 46:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
In Egipte was daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam sewentig, en hulle was in Egipte.
GENESIS 46:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was net twee. Al die persone van die huis van Jakob wat na Egipte gekom het, was sewentig.
GENESIS 46:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die seuns van Josef, wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele: al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was tien en sestig.