GENESIS 45:7
GENESIS 45:7 Bybel vir almal (ABA)
God het my vóór julle gestuur om julle te help sodat daar van julle mense in die land kan aanhou lewe en sodat ek baie mense kan red.
GENESIS 45:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot 'n groot verlossing.
GENESIS 45:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.
GENESIS 45:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle nakomelinge te vestig op aarde, en om julle in die lewe te hou met die oog op 'n groot uitredding.
GENESIS 45:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n nageslag op die aarde te bewaar en julle lewens te red deur 'n groot verlossing.