GENESIS 44:32
GENESIS 44:32 Bybel vir almal (ABA)
Ek het vir my pa belowe dat ek die seun goed sal oppas. Ek het gesê as hy nie terugkom na my pa toe nie, dan sal dit vir altyd my skuld wees.
GENESIS 44:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.
GENESIS 44:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Juda het verder gesê: “Ek het vir my pa gewaarborg dat die seun sal terugkom. Ek het belowe ek sal vir altyd by my pa in die skuld wees as ek die seun nie terugbring nie.
GENESIS 44:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aangesien u dienaar borg gestaan het vir die jong man by my vader deur te sê, ‘As ek hom nie na u terugbring nie, sal ek altyd teenoor my vader skuldig staan,’
GENESIS 44:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U dienaar het by my vader borg gestel vir die seun en gesê: As ek hom nie na jou toe bring nie, sal ek die skuld vir my vader vir ewig dra.