GENESIS 44:2
GENESIS 44:2 Bybel vir almal (ABA)
My beker, die silwer beker, moet jy bo in die sak van die jongste broer sit saam met die geld vir sy koring.” Die bestuurder het gedoen wat Josef vir hom gesê het.
GENESIS 44:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.
GENESIS 44:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
En my beker, my silwerbeker, moet julle bo in die sak van die jongste sit saam met die geld vir sy graan.” Die hoofamptenaar het gedoen wat Josef gesê het.
GENESIS 44:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit, saam met die silwer vir sy graan.” Hy het presies gedoen wat Josef gesê het.
GENESIS 44:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sit my beker, die silwerbeker, in die sak se mond van die jongste, en sy koringgeld. En hy het gedoen volgens die woord wat Josef gespreek het.