GENESIS 44:14
GENESIS 44:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe Juda en sy broers by Josef se huis aankom, was Josef nog daar. Hulle het voor hom gaan lê met hulle gesigte teen die grond.
GENESIS 44:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.
GENESIS 44:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Juda en sy broers het by Josef se huis aangekom. Hy was nog daar, en toe val hulle op die grond voor hom neer.
GENESIS 44:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Juda en sy broers by Josef se huis aankom, was hy nog daar. Hulle het voor hom op die grond neergeval.
GENESIS 44:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Juda en sy broers het in die huis van Josef gekom; want hy was nog daar, en hulle het voor hom op die grond geval.