GENESIS 42:7
GENESIS 42:7 Bybel vir almal (ABA)
Toe Josef sy broers sien, het hy geweet dat dit sy broers is, maar hy het gemaak of hy hulle nie ken nie. Hy het kwaai met hulle gepraat en vir hulle gevra: “Van waar kom julle?” Hulle het gesê: “Ons kom van Kanaän. Ons kom kos koop.”
GENESIS 42:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop.
GENESIS 42:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy sy broers sien, het hy hulle herken. Maar hy het hulle nie laat agterkom wie hy is nie. Hy het hulle bars aangespreek en gevra: “Waarvandaan is julle?” Hulle het hom geantwoord: “Ons is van Kanaän. Ons kom koop graan.”
GENESIS 42:7 Die Boodskap (DB)
Hy het hulle onmiddellik herken. Hy het egter gemaak of hy hulle nie ken nie. Hy het kortaf vir hulle gevra: “Waar kom julle vandaan?” “Ons kom van Kanaän af, Meneer, en ons het gekom om kos te koop,” het hulle geantwoord. Hulle het hom egter nie herken nie.