GENESIS 41:50
GENESIS 41:50 Bybel vir almal (ABA)
Josef en sy vrou Asenat het twee seuns gehad. Hulle is gebore vóór die tyd toe daar hongersnood was. Asenat was die dogter van Poti-Fera, die priester van On.
GENESIS 41:50 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En vir Josef is twee seuns gebore — voordat die jaar van hongersnood gekom het — wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.
GENESIS 41:50 Afrikaans 1983 (AFR83)
Reeds voor die jare van hongersnood begin het, is daar vir Josef twee seuns gebore. Sy vrou Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, het hulle vir Josef in die wêreld gebring.
GENESIS 41:50 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir Josef is twee seuns gebore voordat die jare van hongersnood aangebreek het – seuns wat Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, vir hom in die wêreld gebring het.
GENESIS 41:50 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En vir Josef is twee seuns gebore voordat die jare van hongersnood gekom het, wat Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, vir hom gebaar het.