GENESIS 41:45-46
GENESIS 41:45-46 Bybel vir almal (ABA)
Die farao het vir Josef 'n ander naam gegee. Hy het hom Safenat-Paneag genoem en hy het vir Josef 'n vrou gegee. Haar naam was Asenat en sy was die dogter van Poti-Fera, die priester van die stad On. Josef was 30 jaar oud toe hy begin werk het by die farao, die koning van Egipte. Nadat die farao met hom gepraat het, het Josef deur die hele Egipte gery.
GENESIS 41:45-46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Farao het Josef genoem Sáfenat-Panéag en aan hom Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland. En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.
GENESIS 41:45-46 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die farao het Josef Safenat-Paneag genoem en vir hom Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, as vrou gegee. Josef was dertig jaar oud toe hy in die diens van die farao die koning van Egipte getree het. Josef is van die farao af weg en het die land deurgegaan, die hele Egipte.
GENESIS 41:45-46 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die farao het Josef die naam Safenat-Paneag gegee, en hy het Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, aan hom as vrou gegee. Josef het Egipteland deurreis. Hy was dertig jaar oud toe hy in diens van die farao getree het, die koning van Egipte. Hy het van die farao af vertrek en die hele Egipteland deurkruis.
GENESIS 41:45-46 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Farao het Josef se naam Safnat-Panea genoem; en hy het hom aan Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor die hele Egipteland. En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het. En Josef het van Farao af weggetrek en deur die hele Egipteland getrek.
GENESIS 41:45-46 Die Boodskap (DB)
Die farao het vir Josef ’n ander naam gegee en hom Safenat-Paneag begin noem. Hy het hom ook ’n vrou gegee en haar naam was Asenat. Sy was die dogter van Potifera, die priester van On. Josef het deur die hele Egipte gereis. Hy was 30 jaar oud toe die farao van Egipte hom oor die land aangestel het. Hy het die farao gegroet en met ’n lang reis deur die hele Egipte begin.
GENESIS 41:45-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die farao het hom ’n nuwe naam, Safenat-Paneag, gegee. Hy het Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, vir hom as vrou gegee. Josef was al 30 jaar oud toe hy in diens van die farao getree het. Daarna het Josef deur die hele Egipte gereis.