GENESIS 4:4
GENESIS 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Abel het ook 'n offer vir die Here gebring. Hy het die eerste lammers vir die Here gegee en die lammers se vet ge-offer. Die Here was tevrede met Abel en sy offer.
GENESIS 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien
GENESIS 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem
GENESIS 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Abel, ook hy het 'n offer gebring uit die eersgeborenes van sy kleinvee, van hulle vet. Die HERE het Abel en sy offer met guns beskou.
GENESIS 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Abel, hy het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee en van die vet daarvan gebring. En die HERE het ag geslaan op Abel en sy offer.