GENESIS 4:20 - Compare All Versions

GENESIS 4:20 ABA (Bybel vir almal)

Ada se seun was Jabal. Jabal was die voorvader van die mense wat in tente by hulle skape en bokke gewoon het.

GENESIS 4:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.

GENESIS 4:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ada het vir Jabal in die wêreld gebring. Hy was die stamvader van dié wat in tente by hulle kuddes woon.

GENESIS 4:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ada het aan Jabal geboorte gegee. Hy was die voorvader van hulle wat in tente woon by hulle vee.

GENESIS 4:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ada het Jabal gebaar; hy was die vader van die wat in tente woon en van die wat vee het.

GENESIS 4:20 DB (Die Boodskap)

Ada was die ma van Jabal. Hy was die voorouer van die nomades, wat met hulle vee rondtrek en in tente bly.

GENESIS 4:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ada was die ma van Jabal. Hy was die voorvader van die veeboere wat in tente gewoon het.