GENESIS 4:1-16

GENESIS 4:1-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer. En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde. Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra. Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie. Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.

GENESIS 4:1-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die mens het met Eva, sy vrou, gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Kain geboorte gegee. Sy het gesê: “Ek het van die HERE 'n man verkry. ” Sy het weer geboorte gegee – aan sy broer, aan Abel. Abel was 'n herder van kleinvee, en Kain 'n landbouer. Ná verloop van tyd het Kain van die vrug van die grond 'n offer vir die HERE gebring. En Abel, ook hy het 'n offer gebring uit die eersgeborenes van sy kleinvee, van hulle vet. Die HERE het Abel en sy offer met guns beskou. Maar Kain en sy offer het Hy nie met guns beskou nie. Dit het Kain baie kwaad gemaak en hy was terneergedruk. Die HERE vra toe vir Kain: “Waarom is jy kwaad, en waarom is jy terneergedruk? Is dit nie so dat, as jy goed doen, jy jou kop kan optel nie? As jy egter nie goed doen nie, lê die sonde op die loer voor die deur. Na jou is sy begeerte, maar jy moet oor hom heers.” Kain sê toe vir Abel, sy broer: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle in die veld was, het Kain teen Abel, sy broer, opgestaan en hom doodgemaak. Die HERE het vir Kain gevra: “Waar is Abel, jou broer?” Hy het geantwoord: “Ek weet nie; is ek dan my broer se oppasser?” Die HERE het gesê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer bly roep na My vanuit die grond. Daarom, vervloek is jy, verban van die grond af – die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit nie langer sy opbrengs vir jou gee nie. 'n Doellose swerwer sal jy op die aarde wees.” Kain het vir die HERE gesê: “My straf is te swaar om te dra. Kyk, U verdryf my vandag van die grond af, en vir U sal ek moet wegkruip. Ek sal 'n doellose swerwer word op die aarde, en elkeen wat my teëkom, sal my doodmaak.” Maar die HERE het hom geantwoord: “Goed dan, enige een wat Kain doodmaak – dit sal sewe maal gewreek word.” Die HERE het toe op Kain 'n merkteken gesit, sodat niemand wat hom teëkom, hom sou doodslaan nie. Kain het toe uit die HERE se teenwoordigheid weggegaan en in die land Nod gaan woon, oos van Eden.

GENESIS 4:1-16 Bybel vir almal (ABA)

Die mens het seks gehad met sy vrou Eva. Sy het swanger geword en sy het 'n seun gekry. Die seun se naam was Kain. Eva sê toe: “Die Here het my gehelp om 'n seun in die wêreld te bring.” Later het sy weer 'n seun gekry. Sy naam was Abel, en hy was Kain se broer. Abel het met skape en bokke geboer. Kain was ook 'n boer, hy het koring gesaai. Eendag het Kain van sy koring geneem en hy het 'n offer vir die Here gebring. Abel het ook 'n offer vir die Here gebring. Hy het die eerste lammers vir die Here gegee en die lammers se vet ge-offer. Die Here was tevrede met Abel en sy offer. Maar die Here was nie tevrede met Kain en sy offer nie. Kain het toe baie kwaad geword en sy mond was dik. Die Here vra toe vir Kain: “Hoekom is jy kwaad en hoekom is jou mond dik? As jy doen wat reg is, dan sal jy gelukkig wees. Maar as jy doen wat verkeerd is, dan doen jy sonde. Die sonde is altyd naby jou en wil jou vang, maar jy moet die sonde oorwin.” Kain het vir sy broer Abel gesê: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel vermoor. Toe vra die Here: “Kain, waar is jou broer Abel?” En Kain antwoord: “Ek weet nie. Ek pas nie my broer op nie.” Die Here sê toe vir Kain: “Wat het jy gedoen? Jy het jou broer doodgemaak en sy bloed het op die grond geval. Daardie bloed roep My en vra My om jou te straf. Daarom vervloek Ek jou. Jy moet nou weggaan van hierdie plek waar jou broer se bloed op die grond geval het. Wanneer jy in die grond werk, dan sal die plante nie daar groei nie. Jy sal van een plek na 'n ander plek rondswerf en jy sal nie 'n huis hê nie.” Toe sê Kain vir die Here: “My straf is te swaar om te dra. U jaag my nou weg, en daar is nie meer plek vir my op die aarde nie. Ek moet ook vir U wegkruip. Ek moet rondswerf en ek het nie 'n huis waar ek kan woon nie. Elkeen wat my kry, sal my wil doodmaak.” Die Here het vir Kain gesê: “Nee. As iemand jou doodmaak, dan sal Ek hom baie swaar straf.” Die Here maak toe 'n merk op Kain. Die merk het almal gewaarsku om nie vir Kain dood te maak nie. Kain het weggegaan van die Here. Hy het gaan woon in die land Nod. Dit was oos van Eden.

GENESIS 4:1-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer. En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde. Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra. Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie. Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.

GENESIS 4:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Sy het vir Kain in die wêreld gebring en uitgeroep: “Ek het 'n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!” Sy het weer 'n kind gekry, Abel, 'n broer vir Kain. Abel was 'n veeboer en Kain 'n saaiboer. Na verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die land 'n offer aan die Here gebring. Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem, maar nie vir Kain en sy offer nie. Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk. Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.” Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak. Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” Maar die Here sê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My. Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!” Toe sê Kain vir die Here: “My straf is te swaar om te dra. U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal 'n doellose swerwer op aarde wees, en wie my raakloop, sal my vermoor.” Maar die Here sê vir hom: “Nee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word.” Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie. En Kain het van die Here af weggegaan. Hy het gaan woon in Nod , oos van Eden.

GENESIS 4:1-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die mens het met Eva, sy vrou, gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Kain geboorte gegee. Sy het gesê: “Ek het van die HERE 'n man verkry. ” Sy het weer geboorte gegee – aan sy broer, aan Abel. Abel was 'n herder van kleinvee, en Kain 'n landbouer. Ná verloop van tyd het Kain van die vrug van die grond 'n offer vir die HERE gebring. En Abel, ook hy het 'n offer gebring uit die eersgeborenes van sy kleinvee, van hulle vet. Die HERE het Abel en sy offer met guns beskou. Maar Kain en sy offer het Hy nie met guns beskou nie. Dit het Kain baie kwaad gemaak en hy was terneergedruk. Die HERE vra toe vir Kain: “Waarom is jy kwaad, en waarom is jy terneergedruk? Is dit nie so dat, as jy goed doen, jy jou kop kan optel nie? As jy egter nie goed doen nie, lê die sonde op die loer voor die deur. Na jou is sy begeerte, maar jy moet oor hom heers.” Kain sê toe vir Abel, sy broer: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle in die veld was, het Kain teen Abel, sy broer, opgestaan en hom doodgemaak. Die HERE het vir Kain gevra: “Waar is Abel, jou broer?” Hy het geantwoord: “Ek weet nie; is ek dan my broer se oppasser?” Die HERE het gesê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer bly roep na My vanuit die grond. Daarom, vervloek is jy, verban van die grond af – die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit nie langer sy opbrengs vir jou gee nie. 'n Doellose swerwer sal jy op die aarde wees.” Kain het vir die HERE gesê: “My straf is te swaar om te dra. Kyk, U verdryf my vandag van die grond af, en vir U sal ek moet wegkruip. Ek sal 'n doellose swerwer word op die aarde, en elkeen wat my teëkom, sal my doodmaak.” Maar die HERE het hom geantwoord: “Goed dan, enige een wat Kain doodmaak – dit sal sewe maal gewreek word.” Die HERE het toe op Kain 'n merkteken gesit, sodat niemand wat hom teëkom, hom sou doodslaan nie. Kain het toe uit die HERE se teenwoordigheid weggegaan en in die land Nod gaan woon, oos van Eden.

GENESIS 4:1-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En Adam het sy vrou Eva geken; en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man van die HERE gekry. Sy het weer sy broer Abel gebaar. En Abel was 'n veewagter, maar Kain was 'n landbouer van die grond. En met verloop van tyd het Kain van die vrugte van die grond 'n offer aan die HERE gebring. En Abel, hy het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee en van die vet daarvan gebring. En die HERE het ag geslaan op Abel en sy offer. Maar vir Kain en sy offer het hy geen agting gehad nie. Kain was baie kwaad, en sy aangesig het geval. Toe sê die HERE vir Kain: Waarom is jy toornig? en waarom het jou aangesig geval? As jy goed doen, sal jy nie aanvaar word nie? en as jy nie goed doen nie, lê die sonde voor die deur. En na jou sal sy begeerte wees, en jy sal oor hom heers. Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom gedood. Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy sê: Ek weet nie: Is ek my broer se wagter? En hy sê: Wat het jy gedoen? die stem van die bloed van jou broer roep na My van die grond af. En nou is jy vervloek van die aarde af wat haar mond oopgemaak het om jou broer se bloed uit jou hand te ontvang; Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie voortaan aan jou sy krag gee nie; 'n vlugteling en 'n swerwer sal jy op die aarde wees. Toe sê Kain vir die HERE: My straf is groter as wat ek kan dra. Kyk, U het my vandag van die aarde af verdryf; en vir U aangesig sal ek verborge wees; en ek sal 'n vlugteling en 'n swerwer op die aarde wees; en elkeen wat my kry, sal my doodmaak. Toe sê die HERE vir hom: Daarom sal elkeen wat Kain doodmaak, sewevoudig op hom gewreek word. En die HERE het 'n merk op Kain gemaak, dat niemand wat hom vind, hom sou doodmaak nie. En Kain het weggegaan van die aangesig van die HERE en gaan woon in die land Nod, oos van Eden.

GENESIS 4:1-16 Die Boodskap (DB)

Adam het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het ’n kind verwag. Haar eerste kind was ’n seun en sy het hom Kain genoem. Sy het trots gesê: “Met die Here se hulp het ek ’n man in die lewe gebring.” Haar tweede kind was ook ’n seun en sy het hom Abel genoem. Abel was ’n herder wat skape aangehou het. Kain was ’n boer wat die aarde bewerk het. Op ’n dag het Kain ’n offer vir die Here gebring. Hy het van die produkte van die land geneem en dit vir die Here geoffer. Abel het dieselfde gedoen. Hy het van die lammers gevat en hulle vet vir die Here geoffer. Die Here het baie van Abel se offer gehou. Maar Hy het nie Kain en sy offer aanvaar nie. Kain was woedend hieroor. Hy het moedeloos geraak. Die Here het toe vir Kain gesê: “Hoekom is jy so kwaad en terneergedruk? As jy reg lewe, sal jou offer mos aanvaar word. Maar as jy nie reg lewe nie, vind jy uit dat sonde soos ’n wilde dier is wat by jou deur lê: hy lê jou die hele tyd en dophou, want hy wil jou opvreet. Jy kan hom egter oorwin.” Kain het toe vir sy broer, Abel, gesê: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle buite kom, het Kain vir Abel gegryp en hom doodgeslaan. Die Here het vir Kain gevra: “Waar is jou broer Abel?” Kain het vererg geantwoord: “Hoe moet ek nou weet? Is ek dan my broer se oppasser? Moet ek hom dag en nag oppas?” En die Here het gesê: “Wat het jy in hemelsnaam aangevang? Luister net ’n bietjie hoe skreeu jou broer se bloed. Dit roep van die bloedbevlekte aarde af na My. Jy word nou summier van die grond verban. Jy sal nooit weer van die grond kan leef nie, want jy het die grond gedwing om jou broer se bloed te drink; die bloed van jou broer wat jy doodgemaak het. Al ploeg en bewerk jy die grond, daar sal niks van kom nie. Jy sal vir altyd ’n eensame swerwer op aarde wees.” Kain het toe gesê: “My straf is te swaar. Ek kan dit hoegenaamd nie alleen dra nie. U het my vandag van die grond af verban. Ek moet wegkruip voor U. Dag vir dag sal ek rusteloos op die aarde moet rondswerf. En enigeen wat my raakloop, sal my ook wil doodmaak.” “Nee,” het die Here gesê, “dit sal nie gebeur nie. Enigeen wat vir Kain doodmaak, sal self ’n wrede dood sterf.” Die Here het toe ’n merk op Kain se voorkop gemaak. Dit moes mense afskrik om hom dood te maak. Kain het toe weggegaan, weg van sy grond en die teenwoordigheid van die Here af. Hy het gaan bly in die land Nod, duskant die tuin van Eden.

GENESIS 4:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die mens het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het swanger geword. Sy het geboorte gegee aan Kain. Sy sê toe: “Met die hulp van die HERE het ek ’n man voortgebring!” Daarna het sy geboorte gegee aan sy broer Abel. Toe hulle groot was, het Abel ’n veeboer geword en Kain ’n landbouer. Toe oestyd aanbreek, het Kain uit die opbrengs van sy landerye ’n offer vir die HERE gebring. Abel het die beste uit sy lammers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as offer gebring. Die HERE het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. “Hoekom is jy so kwaad?” vra die HERE vir hom. “Hoekom hang jou gesig so? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde hurk by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.” Kain het met sy broer Abel gepraat en terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgeslaan. Daarna vra die HERE vir Kain: “Waar is Abel jou broer?” “Ek weet nie!” is sy skerp antwoord. “Ek is mos nie sy oppasser nie!” Maar die HERE sê vir hom: “Wat het jy nou aangevang? Die bloed van jou broer roep na My daar waar dit op die grond geval het! Daarom word jy verban van die grond wat jou broer se bloed uit jou hand ontvang het. Dit sal nie meer vir jou ’n goeie oes lewer nie, al werk jy hoe hard daarvoor. Van nou af sal jy ’n vlugteling en ’n swerwer op aarde wees.” Kain antwoord die HERE: “My straf is te groot om te dra! U het my verban van my grond af en uit u teenwoordigheid. U het my ’n swerwende vlugteling op aarde gemaak. Elkeen wat my teëkom, sal my wil doodmaak!” Die HERE antwoord hom: “Nee, hulle sal jou nie doodmaak nie, want enigiemand wat jou doodmaak, sal sewe maal gestraf word.” Toe sit die HERE God ’n teken aan hom sodat niemand wat hom teëkom hom sal doodmaak nie. Kain het van die HERE God se teenwoordigheid af weggegaan en in die land Nod, oos van Eden, gaan woon.