GENESIS 39:1
GENESIS 39:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef na Egipte gebring. 'n Belangrike amptenaar, Potifar, het hom gekoop. Potifar was die hoof van die wagte wat die farao moes oppas.
GENESIS 39:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
GENESIS 39:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josef is na Egipte toe gebring. Potifar, 'n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, 'n Egiptenaar van geboorte, het vir Josef by die Ismaeliete gekoop wat hom Egipte toe gevat het.
GENESIS 39:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef is afgebring na Egipte. Potifar, 'n paleisamptenaar van die farao en die hoof van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop by die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
GENESIS 39:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josef is na Egipte afgebring; en Potifar, 'n offisier van Farao, owerste van die lyfwag, 'n Egiptenaar, het hom gekoop uit die hande van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.