GENESIS 38:26
GENESIS 38:26 Bybel vir almal (ABA)
Juda het gesien dat dit sy eie goed is en toe sê hy: “Sy is onskuldig. Dit is ék wat verkeerd is, want ek het nie my seun Sela met haar laat trou nie.” Juda het nie weer seks gehad met haar nie.
GENESIS 38:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
GENESIS 38:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Juda het dit herken en gesê: “Sy is onskuldig, ek nie! Ek moes my seun Sela aan haar as man gegee het.” Juda het nooit weer met haar gemeenskap gehad nie.
GENESIS 38:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juda het dit herken en gesê: “Sy is reg, eerder as ek; want ek het haar mos nie vir my seun Sela gegee nie.” Hy het nie weer met haar gemeenskap gehad nie.
GENESIS 38:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Juda het hulle erken en gesê: Sy was regverdiger as ek; omdat ek haar nie aan my seun Sela gegee het nie. En hy ken haar nie meer nie.
GENESIS 38:26 Die Boodskap (DB)
Juda het dit onmiddellik herken en gesê: “Los die vrou uit! Sy is hoegenaamd nie skuldig nie. Sy was reg en ek verkeerd. Ek moes Sela, my derde seun, aan haar gegee het, maar ek het dit nie gedoen nie. Ek is dus die skuldige. So, laat haar gaan.” Juda het nooit weer by Tamar geslaap nie.