GENESIS 38:16
GENESIS 38:16 Die Boodskap (DB)
Hy het reguit na haar toe gestap waar sy langs die pad sit en vir haar gesê: “Kom, ek wil by jou gaan slaap.” Juda het natuurlik nie geweet dis sy skoondogter nie. Sy het gevra: “Hoeveel sal jy my betaal?”
GENESIS 38:16 Bybel vir almal (ABA)
Hy het by haar gestop en vir haar gesê: “Kom, ek wil asseblief seks hê met jou.” Hy het nie geweet dat dit sy skoondogter is nie. Tamar vra toe vir hom: “Wat sal jy my betaal?”
GENESIS 38:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
GENESIS 38:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het na haar toe uitgedraai en vir haar gesê: “Kom! Ek wil met jou gemeenskap hê!” Hy het nie besef dat dit sy skoondogter is nie. Toe vra sy vir hom: “Wat sal jy my daarvoor betaal?”
GENESIS 38:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het op die pad na haar afgedraai en gesê: “Kom, ek wil by jou ingaan!” Hy het immers nie besef dat dit sy skoondogter was nie. Sy vra toe: “Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?”