GENESIS 38:12
GENESIS 38:12 Bybel vir almal (ABA)
Ná 'n lang tyd het Juda se vrou Bat-Sua gesterf. Hy het gehuil en getreur oor haar, en toe die tyd verby was toe hy gerou het, het hy na die stad Timna gegaan om sy skape en bokke te gaan skeer. Sy vriend Gira van Adullam het saam met hom gegaan.
GENESIS 38:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.
GENESIS 38:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Lang ruk hierná het Juda se vrou Bat-Sua gesterf. Nadat hy oor haar gerou het, is hy na Timna toe om sy kleinvee te laat skeer. Sy vriend Gira van Adullam is saam.
GENESIS 38:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Intussen het baie dae verloop. Juda se vrou, die dogter van Sua, het gesterf. Nadat Juda klaar gerou het, het hy en sy vriend Gira, uit Adullam, opgegaan na die skeerders van sy kleinvee in Timna.
GENESIS 38:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En met verloop van tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe; en Juda is getroos en opgegaan na sy skaapskeerders na Timna, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.