GENESIS 37:27
GENESIS 37:27 Die Boodskap (DB)
Ek het ’n baie beter plan. Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete, dan hoef ons hom nie dood te maak nie. Hy is darem nog ons broer, ons eie bloed.” Die ander het saamgestem.
GENESIS 37:27 Bybel vir almal (ABA)
Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie hom doodmaak nie. Onthou, hy is ons eie broer.” Juda se broers het toe na hom geluister.
GENESIS 37:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
GENESIS 37:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie sy lewe neem nie, hy is ons broer, hy is bloedfamilie.” Juda se broers het na hom geluister
GENESIS 37:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie ons hand aan hom slaan nie; hy is immers ons broer, ons eie vlees.” Sy broers het na hom geluister.