GENESIS 37:14
GENESIS 37:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Jakob vir Josef: “Gaan kyk of dit goed gaan met jou broers en of dit goed gaan met die skape en bokke. Gaan kyk en kom vertel alles vir my.” So het Jakob vir Josef uit die Hebron-vallei gestuur, en Josef het na Sigem gegaan.
GENESIS 37:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.
GENESIS 37:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Israel vir hom: “Gaan kyk of alles nog reg is by jou broers en met die kleinvee en kom vertel my alles.” Israel het hom van die laagte by Hebron af gestuur na Sigem toe.
GENESIS 37:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sê toe vir hom: “Gaan kyk asseblief of dit goed gaan met jou broers en met die kleinvee, en bring dan vir my nuus.” So het hy hom uit die vallei by Hebron gestuur, en hy het by Sigem aangekom.
GENESIS 37:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hom: Gaan tog, kyk of dit goed gaan met jou broers en met die kleinvee; en bring my weer woord. En hy het hom uit die Hebron vallei uitgestuur, en hy het in Sigem gekom.