GENESIS 34:2
GENESIS 34:2 Bybel vir almal (ABA)
Sigem was die seun van die Hewiet Gamor wat oor daardie deel van die land regeer het. Sigem het vir Dina gesien en hy het haar gegryp en verkrag.
GENESIS 34:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
GENESIS 34:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Sigem seun van die Hewiet Gamor, 'n volksleier, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad. Hy het haar verkrag.
GENESIS 34:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Sigem, die seun van Gamor, die Hewiet, en die leier van die gebied, haar sien, het hy haar geneem, by haar geslaap en haar verneder.
GENESIS 34:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, owerste van die land, haar sien, het hy haar geneem en met haar gemeenskap gehad en haar verontreinig.