GENESIS 32:30
GENESIS 32:30 Bybel vir almal (ABA)
Jakob het die plek Pniël genoem. Hy het gesê: “Ek het God gesien. Hy was so naby my dat ek sy gesig kon sien, en ek het nie gesterf nie.”
GENESIS 32:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
GENESIS 32:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.”
GENESIS 32:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en tog is my lewe gered.”
GENESIS 32:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jakob het die plek Pniël genoem, want ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en my lewe is bewaar.