GENESIS 31:35
GENESIS 31:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.
GENESIS 31:35 Bybel vir almal (ABA)
Ragel het vir haar pa gesê: “Pa moenie kwaad word vir my as ek nie vir Pa opstaan nie. Ek menstrueer.” Laban het verder gesoek, maar hy het niks gekry nie.
GENESIS 31:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Ragel vir hom: “Pa moet tog nie vir my kwaad word nie, want ek kan nie vir Pa opstaan nie: ek is siek, soos dit maar elke maand met 'n vrou gaan.” Laban het toe verder rondgesoek, maar nie die afgodsbeeldjies gekry nie.
GENESIS 31:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ragel sê toe vir haar vader: “Moet my nie kwaad aankyk nie, my heer, omdat ek nie vir u kan opstaan nie, want dit is met my soos dit soms met vroue is.” Hy het deeglik gesoek, maar kon nie die huisgode kry nie.
GENESIS 31:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê sy vir haar vader: Laat my heer nie kwaad wees dat ek nie voor U kan opstaan nie; want die gewoonte van vroue is op my. En hy het gesoek, maar die beelde nie gevind nie.