GENESIS 31:34
GENESIS 31:34 Bybel vir almal (ABA)
Ragel het die beeldjies in 'n sak weggesteek en sy het bo-op die sak gaan sit. Laban het oral in al die tente gesoek, maar hy het niks gekry nie.
GENESIS 31:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.
GENESIS 31:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ragel het die afgodsbeeldjies gevat en onder die kameelsaal gesit en daarop gaan sit. Laban het haar hele tent behoorlik gefynkam maar niks gekry nie.
GENESIS 31:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ragel het egter die huisgode geneem, dit in die saalsak van 'n kameel gesteek en daarop gaan sit. Laban het alles in die tent deursoek, maar niks gekry nie.
GENESIS 31:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ragel het die beelde geneem en dit in die kameel se meubels gesit en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deursoek, maar dit nie gevind nie.