GENESIS 31:32
GENESIS 31:32 Die Boodskap (DB)
Maar van jou huisgodjies weet ek werklik niks nie. Deursoek ons goed voor almal hier en as jy dit by iemand kry, sal die persoon doodgemaak word. As jy ook enigiets anders kry wat joune is, kan jy dit terugvat.” Jakob het egter nie geweet dat Ragel die huisgodjies geneem het nie.
GENESIS 31:32 Bybel vir almal (ABA)
As jy jou beeldjies hier by iemand kry, dan mag daardie persoon nie lewe nie. Jy mag self soek voor al jou mense wat hier is en jy mag die beeldjies terugvat.” Jakob het nie geweet dat Ragel die beeldjies gesteel het nie.
GENESIS 31:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die een by wie u u gode vind — hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
GENESIS 31:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die een by wie u u gode kry, moet sterf. Kyk hier waar ons familie bystaan wat daar van u by my is en vat dit saam terug.” Jakob het nie geweet dat Ragel die gode gesteel het nie.
GENESIS 31:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By wie ook al jy jou gode vind – hy mag nie bly leef nie. Voor ons familielede sê ek, ‘Wys uit wat van jou by my is, en neem dit vir jou!’ ” Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
GENESIS 31:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
By wie jy ook al jou gode vind, laat hom nie lewe nie. Want Jakob het nie geweet dat Ragel hulle gesteel het nie.
GENESIS 31:32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar wat die huisgode betref, dié persoon by wie u dit kry, moet sterf! Ek sê voor ons familie: As julle enigiets kry wat aan Pa behoort, sal ek dit sonder teëpraat teruggee.” Maar Jakob het nie geweet dat Ragel die huisgode gevat het nie.