GENESIS 31:12
GENESIS 31:12 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Hy: ‘Jy moet goed kyk: Al die bok-ramme wat met die ooie paar, het strepe of kolle. Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het.
GENESIS 31:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.
GENESIS 31:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Toe sê Hy vir my: Kyk mooi: al die bokramme waardeur die ooie gedek word, is gevlek, gestreep en gespikkel. Ek het alles gesien wat Laban jou aangedoen het.
GENESIS 31:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sê toe, ‘Kyk rond, dan sal jy sien dat al die ramme wat die kleinvee dek, gestreep, bont en gespikkel is. Ek het immers alles gesien wat Laban jou aandoen.
GENESIS 31:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê hy: Slaan tog jou oë op en kyk, al die ramme wat op die vee spring, is gestreep, gespikkeld en geriffel, want ek het alles gesien wat Laban aan jou doen.