GENESIS 30:37-40
GENESIS 30:37-40 Bybel vir almal (ABA)
Jakob het toe groen stokke geneem van populierbome, van amandelbome en van plataanbome, hy het dele van die bas afgeskil, sodat daar wit strepe op die stokke was. Hy het die stokke wat hy so afgeskil het, in die waterbakke van die skape en bokke gesit. Hy het die stokke so neergesit dat dit reg voor die skape en bokke was wanneer hulle water kom drink. Wanneer die skape en bokke daar by die stokke gepaar het, dan het hulle gestreepte of bont lammers gekry of lammers met kolle. Jakob het die skaap-ramme apart gehou en hy het die skape en bokke laat kyk na die bont skape en bokke van Laban en na die skape en bokke met kolle. So het Jakob 'n klomp skape en bokke vir homself gekry, maar Laban het niks gekry nie.
GENESIS 30:37-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier-, amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom; en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink. En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes. Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie.
GENESIS 30:37-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jakob het toe jong lote van populiere, amandels en plataanbome gevat en stroke daarvan afgeskil, sodat daar wit strepe op die lote was. Hy het die lote wat hy so afgeskil het, in die waterkrippe gesit, reg voor die kleinvee waar hulle kom suip het. Wanneer die ooie dan op hitte kom en kom suip, is hulle by die lote gedek en het hulle gevlekte en gestreepte en bont lammers gekry. Jakob het die skape uitgekeer en hulle laat kyk in die rigting van die gevlekte en swart vee van Laban. So het Jakob vir hom sy eie kuddes opgebou en hy het hulle nie by Laban se kleinvee laat kom nie.
GENESIS 30:37-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het groen latte van populiere, amandelbome en platane geneem. Hy het stroke bas daarvan afgeskil om die wit van die latte te ontbloot. Toe sit hy die takke wat hy geskil het, in die waterbakke reg voor die kleinvee, in die drinkbakke waarheen die kleinvee kom om te drink. Hulle het bronstig geraak wanneer hulle kom om te drink. So het die kleinvee by die latte bronstig geraak, en die kleinvee het gestreepte, bont en gevlekte lammers gekry. Jakob het dié jong skape afgesonder. Hy het die kleinvee laat kyk in die rigting van die gestreeptes en al die donkerkleuriges onder Laban se kleinvee. So het Jakob vir homself afsonderlike kuddes opgebou en hulle nie saam met Laban se kleinvee aangehou nie.
GENESIS 30:37-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jakob het vir hom stokke van groen populier en van die hasel- en kastanjeboom geneem; en hy het wit strepe daarin gevul, en die wit wat in die latte was, laat verskyn. En hy het die stokke wat hy afgeskil het voor die kleinvee neergesit in die geute in die drinkbakke toe die kleinvee kom drink het, sodat hulle swanger sou word as hulle kom drink. Die kleinvee het swanger geword voor die stokke en vee uitgebring, gestreep, gespikkeld en bont. En Jakob het die lammers geskei en die aangesigte van die kleinvee gerig na die gestreeptes en al die bruin onder die kleinvee van Laban; en hy het sy eie kleinvee afsonderlik gestel en dit nie vir Laban se vee gestel nie.
GENESIS 30:37-40 Die Boodskap (DB)
Ver weg van Laban het Jakob sy eie ding gedoen. Hy het jong lote van populiere, amandel- en plataanbome gevat en dit afgeskil totdat daar sulke wit strepe op die lote was. Hy het toe die lote met die wit strepe by die waterplekke gesit. As die vee kom suip het, was die lote reg voor hulle. Omdat die bokke en die skape by die waterplekke gepaar het, het Jakob hulle tussen die lote bymekaar laat kom. So het hy baie bokke en skape met spikkels en strepe gekry. Die ooie het Jakob apart gehou en hulle by Laban se gespikkelde en gestreepte vee gebring. Op hierdie manier het Jakob vir homself ’n baie sterk kudde opgebou. Hy het hulle weggehou van Laban se vee.
GENESIS 30:37-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jakob het toe vars lote van populiere, amandels en plataanbome geneem en stroke van die bas afgetrek sodat daar wit strepe daarop was. Toe sit hy die lote wat hy afgestroop het in die waterbakke waar Laban se vee kom drink het. Wanneer die ooie op hitte was en hulle kom drink, is hulle voor die lote gedek. Wanneer hulle voor die witgestreepte lote gedek is, was al hulle lammers gestreep, bont en gevlek. Jakob het hierdie lammers uit Laban se kuddes uitgekeer. Wanneer die ander op hitte was, het hy hulle gedraai sodat die kuddes die gestreepte en swart ramme in Laban se kudde sien. Op hierdie manier het hy sy eie kudde uit Laban s’n opgebou.