GENESIS 30:23 - Compare All Versions

GENESIS 30:23 ABA (Bybel vir almal)

Sy het swanger geword en sy het 'n seun gekry. Sy sê toe: “God het my gehelp en ek is nie meer skaam nie.”

GENESIS 30:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.

GENESIS 30:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en toe sê sy: “God het my skande weggeneem.”

GENESIS 30:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sy het swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het gesê: “God het my bespotting weggeneem!”

GENESIS 30:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en gesê: God het my smaad weggeneem.

GENESIS 30:23 DB (Die Boodskap)

Sy het ’n seun gehad en gesê: “God het my skande en vernedering weggevat.”

GENESIS 30:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. “God het my skande weggeneem,” het sy gesê.