GENESIS 30:22-24 - Compare All Versions
GENESIS 30:22-24 AFR83 (Afrikaans 1983)
God het op Ragel ag geslaan en haar gebed verhoor. Hy het haar nie langer kinderloos gelaat nie. Sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en toe sê sy: “God het my skande weggeneem.” Toe noem sy die seun Josef , “want,” het sy gesê, “die Here sal my nog 'n seun gee.”
GENESIS 30:22-24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen: sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem. En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my 'n ander seun daar byvoeg!
GENESIS 30:22-24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Uiteindelik het God aan Ragel gedink en haar gebede verhoor deur vir haar kinders te gee. Sy het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. “God het my skande weggeneem,” het sy gesê. Sy het hom Josef genoem, “want,” het sy gesê, “mag die HERE my nog ’n seun gee.”
GENESIS 30:22-24 DB (Die Boodskap)
God het egter ook aan Ragel gedink en haar gebede verhoor. En Ragel het verwag. Sy het ’n seun gehad en gesê: “God het my skande en vernedering weggevat.” Sy het hom Josef genoem. Dit beteken: “Mag die Here my nog ’n ander seun ook gee!”
GENESIS 30:22-24 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het aan Ragel gedink en Hy het geluister na haar gebed. Sy het swanger geword en sy het 'n seun gekry. Sy sê toe: “God het my gehelp en ek is nie meer skaam nie.” Sy het hom Josef genoem en gesê: “Ek bid dat die Here nog 'n seun vir my sal gee.”
GENESIS 30:22-24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het ook aan Ragel gedink. God het haar verhoor en haar moederskoot oopgemaak. Sy het swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het gesê: “God het my bespotting weggeneem!” Sy het hom Josef genoem en gesê: “Mag die HERE vir my nog 'n seun byvoeg.”
GENESIS 30:22-24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het aan Ragel gedink, en God het na haar geluister en haar skoot geopen. En sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en gesê: God het my smaad weggeneem. En sy het hom Josef genoem; en gesê: Die HERE sal vir my nog 'n seun byvoeg.