GENESIS 30:2
GENESIS 30:2 Bybel vir almal (ABA)
Toe word Jakob kwaad vir Ragel en hy sê: “Ek is nie God nie. Dit is Hy wat wil hê jy moenie kinders kry nie.”
GENESIS 30:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
GENESIS 30:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jakob het hom vererg vir Ragel en vir haar gevra: “Kan ek God se werk oorneem? Dit is Hy wat sorg dat jy nie swanger word nie.”
GENESIS 30:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het kwaad geword vir Ragel en gevra: “Is ek in die plek van God, wat van jou die vrug van die moederskoot weerhou?”
GENESIS 30:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Jakob se toorn teen Ragel ontvlam, en hy het gesê: Is ek in die plek van God wat die vrug van die moederskoot van jou teruggehou het?