GENESIS 3:1
GENESIS 3:1 Die Boodskap (DB)
Van al die wilde diere wat die Here God gemaak het, was die slang die skelmste en agterbaksste. Op ’n dag probeer hy die vrou uitoorlê deur vir haar te sê: “Ek hoor julle mag nie van die bome in die tuin eet nie. God het glo vir julle so gesê, of hoe?”
GENESIS 3:1 Bybel vir almal (ABA)
Die slang was slimmer en skelmer as al die wilde diere wat die Here God gemaak het. Die slang het vir die vrou gevra: “Is dit waar? Het God gesê julle mag niks van die bome in die tuin se vrugte eet nie?”
GENESIS 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
GENESIS 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”
GENESIS 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. Hy het vir die vrou gevra: “Is dit werklik so dat God gesê het julle mag nie van enige boom in die tuin eet nie?”
GENESIS 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Ja, het God gesê: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?