GENESIS 29:8
GENESIS 29:8 Bybel vir almal (ABA)
Maar die skaapwagters het gesê: “Nee, ons mag dit nie doen nie, ons moet wag totdat al die troppe skape en bokke bymekaar is. Dan rol ons die klip van die put af en ons gee vir die skape en bokke water.”
GENESIS 29:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.
GENESIS 29:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die wagters antwoord: “Ons kan hulle nie laat suip voor al die troppe hier bymekaar is nie. Dan word die klip van die bek van die put afgerol en laat ons die vee suip.”
GENESIS 29:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het egter gesê: “Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie. Dan word die klip van die put se opening af weggerol, en gee ons die kleinvee water.”
GENESIS 29:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het gesê: Ons kan nie, totdat al die kleinvee bymekaar is, en totdat hulle die klip uit die mond van die put rol nie; dan gee ons die skape water.