GENESIS 29:27-28
GENESIS 29:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer hierdie week verby is, dan sal ek my jongste dogter ook vir jou gee, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.” Jakob het gedoen wat Laban gevra het. Jakob het gewag totdat die week verby was. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir Jakob en sy het ook Jakob se vrou geword.
GENESIS 29:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring. En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.
GENESIS 29:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wag net hierdie week, dan gee ek die jongste ook vir jou as jy nog sewe jaar by my sal werk.” Jakob het ingestem en daardie week gewag. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir hom as vrou.
GENESIS 29:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Voltooi hierdie een se week, dan gee ons vir jou ook die ander een vir die diens wat jy by my sal lewer vir 'n verdere sewe jaar.” Jakob het toe so gemaak. Hy het die week met haar voltooi. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir hom as vrou.
GENESIS 29:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Voltooi haar week, en ons sal dit ook vir jou gee vir die diens wat jy nog sewe jaar saam met my moet dien. En Jakob het so gedoen en haar week volbring, en hy het sy dogter Ragel ook aan hom as vrou gegee.
GENESIS 29:27-28 Die Boodskap (DB)
Vier tog hierdie week die huweliksfees saam met ons, dan sal ek Ragel ook vir jou gee. Ek beloof jou, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.” Jakob het ingestem. ’n Week lank het hy die huweliksfees gevier. Aan die einde van die feestyd het Laban toe Ragel vir hom as vrou gegee.