GENESIS 29:20-27
GENESIS 29:20-27 Bybel vir almal (ABA)
Jakob het sewe jaar lank gewerk om Ragel te kry, maar dit het vir hom so kort gevoel soos 'n paar dae, want hy was baie lief vir haar. Ná die sewe jaar sê Jakob vir Laban: “Gee nou my vrou vir my, want die sewe jaar is verby en ek wil met haar trou.” Laban het al die mense van daardie plek bymekaargemaak en hulle het 'n groot fees gehou. Maar daardie aand het Laban sy dogter Lea vir Jakob gegee. Jakob het seks gehad met Lea. Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea gegee. Die volgende oggend het Jakob gesien dit is Lea wat sy vrou geword het. Toe sê hy vir Laban: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het by jou gewerk om vir Ragel te kry. Hoekom het jy my bedrieg?” Toe sê Laban: “Hier by ons laat ons nie die jongste dogter voor die oudste trou nie. Wanneer hierdie week verby is, dan sal ek my jongste dogter ook vir jou gee, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.”
GENESIS 29:20-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos 'n paar dae, omdat hy haar liefgehad het. Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan. Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en 'n maaltyd berei. Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan. En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin. En die anderdagmôre — daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg? En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie. Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.
GENESIS 29:20-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel, en dit was vir hom soos 'n paar dae, want hy het haar liefgehad. Daarna het hy vir Laban gesê: “Gee my nou my vrou. Die tyd is verby. Ek wil nou met haar trou.” Laban het al die mense van die omgewing bruilof toe genooi, maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring, en hy het met haar gemeenskap gehad. Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea as persoonlike slavin saamgegee. Die môre sien Jakob toe dis al die tyd Lea. Toe vra hy vir Laban: “Wat het u my aangedoen? Het ek nie by u gewerk vir Ragel nie? Waarom het u my bedrieg?” Laban het geantwoord: “By ons is dit nie die gebruik dat 'n mens jou jongste dogter voor die oudste laat trou nie. Wag net hierdie week, dan gee ek die jongste ook vir jou as jy nog sewe jaar by my sal werk.”
GENESIS 29:20-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel. In sy oë was dit soos 'n paar dae, want hy was lief vir haar. Jakob sê toe vir Laban: “Gee my vrou, want my dienstyd is voltooi. Ek wil by haar ingaan. ” Laban het al die manne van die omgewing byeengebring en 'n feesmaal gehou. Toe dit aand word, het hy sy dogter Lea geneem en haar vir Jakob gebring. Hy het toe by haar ingegaan. (Laban het vir haar, vir sy dogter Lea, sy slavin Silpa as slavin gegee.) Toe dit oggend word, toe is dit Lea! Hy het vir Laban gesê: “Wat het u my aangedoen? Was dit nie vir Ragel wat ek vir u gewerk het nie? Waarom het u my mislei?” Laban het geantwoord: “Dit word nie hier by ons so gedoen nie – om die jongste dogter voor die eersgeborene af te gee nie. Voltooi hierdie een se week, dan gee ons vir jou ook die ander een vir die diens wat jy by my sal lewer vir 'n verdere sewe jaar.”
GENESIS 29:20-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jakob het sewe jaar vir Ragel gedien; en dit het vir hom net 'n paar dae gelyk, vanweë die liefde wat hy vir haar gehad het. Toe sê Jakob vir Laban: Gee my vrou, want my dae is vervul, dat ek by haar kan ingaan. En Laban het al die manne van die plek bymekaar laat kom en 'n feesmaal berei. Teen die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan. Laban het aan sy dogter Lea, sy slavin Silpa, as slavin gegee. En dit het gebeur dat toe die môre kom, sien hy dit was Lea, en hy het vir Laban gesê: Wat het jy dit aan my gedoen? het ek nie saam met jou vir Ragel gedien nie? waarom het jy my dan bedrieg? Toe sê Laban: So moet dit nie in ons land gedoen word om die jongste voor die eersgeborene te gee nie. Voltooi haar week, en ons sal dit ook vir jou gee vir die diens wat jy nog sewe jaar saam met my moet dien.
GENESIS 29:20-27 Die Boodskap (DB)
So het Jakob vir Ragel gewerk. Sewe jaar lank! En dit was glad nie eens vir hom moeilik nie. Dit het soos ’n paar dae gevoel, want hy was baie lief vir Ragel. Op ’n dag het Jakob vir Laban gesê: “My sewe jaar is verby. Gee Ragel asseblief vir my sodat ek by haar kan gaan slaap.” Laban het toe ’n groot fees gehou en al die mense van die dorp genooi. Laataand het Laban vir Lea, sy oudste, gevat en haar na Jakob toe gebring. Sy het ’n sluier om haar gehad en Jakob het haar nie herken nie. Dié nag het Jakob toe by Lea geslaap. Laban het die nag sommer ook sy slavin Silpa gevat en haar vir Lea gegee. Teen dagbreek het Jakob ontdek hy is bedrieg. Langs hom was Lea en nie Ragel nie. Woedend het hy Laban toegesnou: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het sewe jaar vir jou gewerk sodat ek Ragel kon kry en toe bedrieg jy my. Hoekom het jy dit gedoen?” Kom nou, kom nou,” het Laban gesê. “Hier by ons gebeur dinge anders. Hier trou ’n mens eers met die oudste dogter en dan met die jongste. Vier tog hierdie week die huweliksfees saam met ons, dan sal ek Ragel ook vir jou gee. Ek beloof jou, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.”
GENESIS 29:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jakob het toe sewe jaar gewerk om Ragel as vrou te kry. Maar hy het haar so liefgehad dat dit vir hom soos ’n paar dae was. Toe die tyd verby was, sê Jakob vir Laban: “Ek het my deel van die ooreenkoms nagekom. Gee haar nou vir my sodat ons kan trou.” Laban nooi toe almal in die omgewing uit om saam die bruilof te kom vier. Maar daardie nag, toe dit donker was, neem Laban vir Lea na Jakob toe; en hy het by haar geslaap. Laban het Silpa as persoonlike slavin vir Lea gegee. Toe Jakob die volgende oggend wakker word, sien hy met skok dis Lea! “U het my bedrieg!” sê Jakob vir Laban. “Ek het sewe jaar lank vir u gewerk om Ragel te kry! Hoekom het u my verkul?” “Dis nie ons gebruik dat ’n jonger dogter voor die oudste een trou nie,” antwoord Laban. “Wag totdat die huweliksweek verby is, dan gee ek Ragel ook vir jou op voorwaarde dat jy nog ’n verdere sewe jaar vir my werk.”