GENESIS 28:1 - Compare All Versions
GENESIS 28:1 ABA (Bybel vir almal)
Isak het vir Jakob geroep en hy het hom geseën en gegroet. Hy het vir hom gesê: “Jy mag nie trou met 'n meisie van Kanaän nie.
GENESIS 28:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.
GENESIS 28:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe roep Isak vir Jakob en neem van hom afskeid en sê vir hom: “Jy mag nie met 'n Kanaänitiese meisie trou nie.
GENESIS 28:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Isak het Jakob geroep en hom geseën. Hy het hom opdrag gegee en vir hom gesê: “Jy mag nie 'n vrou uit die Kanaänitiese vroue neem nie.
GENESIS 28:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Isak het Jakob geroep en hom geseën en hom bevel gegee en vir hom gesê: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie.
GENESIS 28:1 DB (Die Boodskap)
Isak het Jakob toe geroep en vir hom gesê: “Moet tog nie met een van hierdie Kanaänitiese vroue trou nie.
GENESIS 28:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Isak roep toe vir Jakob. Hy seën hom en sê: “Jy moenie met enige van hierdie Kanaänitiese vroue trou nie.