GENESIS 26:20
GENESIS 26:20 Bybel vir almal (ABA)
Die skaapwagters van Gerar het gestry met Isak se skaapwagters. Hulle het gesê: “Dit is ons water!” Isak noem toe die put “Stryery,” omdat hulle daar met sy skaapwagters gestry het.
GENESIS 26:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
GENESIS 26:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe stry die skaapwagters van Gerar met dié van Isak en sê: “Dié water behoort aan ons.” Isak het toe die put “Rusie” genoem, omdat hulle daar met hom rusie gemaak het.
GENESIS 26:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die herders van Gerar het met Isak se herders gestry en gesê: “Die water behoort aan ons!” Hy het toe die put Esek genoem, omdat hulle daaroor rusie gemaak het.
GENESIS 26:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die veewagters van Gerar het met die veewagters van Isak getwis en gesê: Die water is ons s'n; en hy het die put Esek genoem; want hulle het met hom getwis.