GENESIS 24:48
GENESIS 24:48 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gekniel en ek het die Here, die God van my eienaar Abraham, geprys. Hy het my reg gelei om die dogter van my eienaar se broer vir sy seun te kry.
GENESIS 24:48 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.
GENESIS 24:48 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gekniel en tot die Here gebid. Ek het Hom, die God van Abraham wie se slaaf ek is, geloof omdat Hy my reg gelei het om die dogter van die broer van my eienaar te kry as vrou vir sy seun.
GENESIS 24:48 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gekniel en voor die HERE in aanbidding gebuig. Ek het die HERE, die God van my heer Abraham, geprys, Hy wat my op die regte pad gelei het om die kleindogter van my heer se broer vir sy seun te verkry.
GENESIS 24:48 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het my hoof neergebuig en die HERE aanbid en die HERE, die God van my heer Abraham, geprys, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer na sy seun te neem.