GENESIS 24:30
GENESIS 24:30 Bybel vir almal (ABA)
Hy het die neusring gesien en die armbande aan sy suster se arms. Toe hy hoor sy suster Rebekka vertel wat die man gesê het, het hy na die man toe gegaan. Die man het by die kamele by die fontein gestaan.
GENESIS 24:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek — het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein
GENESIS 24:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Rebekka het 'n broer gehad met die naam Laban. Toe hy die neusring sien en die armbande aan sy suster se arms en haar hoor vertel wat die man alles vir haar gesê het, het hy na die man toe gehardloop by die fontein buite die stad. Toe hy by hom kom, het die man nog by die kamele gestaan, langs die fontein.
GENESIS 24:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hy die neusring sien, en ook die armbande aan sy suster se polse, en hy die woorde hoor wat sy suster Rebekka sê, “So het die man met my gepraat,” gaan hy na die man toe. En kyk, hy staan toe nog daar by die kamele langs die fontein!
GENESIS 24:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur toe hy die oorring en armbande aan sy suster se hande sien, en toe hy die woorde van sy suster Rebekka hoor wat sê: So het die man met my gespreek; dat hy na die man gekom het; en kyk, hy staan by die kamele by die put.
GENESIS 24:30 Die Boodskap (DB)
Laban het die goue ring gesien asook die armbande, en hy het gehoor hoe sy suster van die man vertel. Dit is hoekom hy alles gelos het en vinnig fontein toe is. Daar het hy Abraham se werker gekry wat nog die hele tyd by sy kamele gestaan en wag het.