GENESIS 24:3-4
GENESIS 24:3-4 Bybel vir almal (ABA)
en belowe voor die Here, die God van die hemel en die aarde. Belowe dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete tussen wie ek woon nie. Belowe dat jy na my eie land en my familie sal gaan en dat jy daar vir my seun Isak 'n vrou sal gaan haal.”
GENESIS 24:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie; maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak 'n vrou te neem.
GENESIS 24:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
dat jy vir my met 'n eed in die Naam van die Here die God van die hemel en die aarde kan beloof dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete by wie ek nou woon nie; jy moet na my land toe gaan, die land waar ek gebore is, en daar 'n vrou gaan haal vir my seun Isak.”
GENESIS 24:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat ek jou 'n eed kan laat aflê by die HERE, die God van die hemel, en die God van die aarde, dat jy nie vir my seun 'n vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se midde ek woon nie, maar dat jy na my land, na my familie, sal gaan en vir my seun Isak 'n vrou sal gaan haal.”
GENESIS 24:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek sal jou laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon, geen vrou sal neem nie. Maar jy moet na my land en na my familie gaan en vir my seun Isak 'n vrou neem.
GENESIS 24:3-4 Die Boodskap (DB)
Jy moet my in die Naam van die Here, die God van die hemel en die aarde, beloof dat jy nie vir my seun ’n Kanaänitiese vrou sal kies uit die mense waartussen ek bly nie. Jy moet na die land toe gaan waar ek vandaan kom. Daar moet jy tussen my eie mense vir my seun Isak ’n vrou gaan soek.”
GENESIS 24:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
en lê ’n eed af by die HERE, die God van die hemel en die aarde, dat jy nie sal toelaat dat my seun met een van hierdie plaaslike Kanaänitiese meisies trou nie. Gaan liewer na my geboorteland en my bloedverwante en soek daar ’n vrou vir my seun Isak.”