GENESIS 24:27
GENESIS 24:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Aan die HERE, die God van my meester Abraham, kom toe die lof,” sê hy. “Die HERE was goed vir my en getrou aan Abraham, want Hy het my reguit na my meester se bloedverwante toe gelei.”
GENESIS 24:27 Bybel vir almal (ABA)
en gesê: “Ek prys U, Here, God van my eienaar Abraham. U was goed vir my eienaar en U het gedoen wat U belowe het. U het my gelei na my eienaar se broer toe.”
GENESIS 24:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
GENESIS 24:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Aan die Here die God van Abraham wie se slaaf ek is, kom die lof toe! Die Here het nie sy troue liefde van my eienaar weerhou nie en vir my het die Here reguit gelei na die huis van my eienaar se broer toe.”
GENESIS 24:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en gesê: “Die HERE, die God van my heer Abraham, moet geprys word, Hy wat sy liefde en trou nie van my heer weerhou het nie. Wat my betref: Die HERE het my gelei op die pad na die huisgesin van my heer se broer. ”