GENESIS 2:22 - Compare All Versions

GENESIS 2:22 ABA (Bybel vir almal)

Daarna het die Here God 'n vrou gemaak van die man se rib en Hy het haar na die mens toe gebring.

GENESIS 2:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.

GENESIS 2:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou en bring haar na die mens toe.

GENESIS 2:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE God het toe die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, omgebou tot 'n vrou, en haar na die mens gebring.

GENESIS 2:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Uit die rib wat die HERE God van die mens geneem het, het Hy 'n vrou gemaak en haar na die man gebring.

GENESIS 2:22 DB (Die Boodskap)

Uit die rib van die mens het die Here God ’n vrou gevorm. Hy het haar na hom toe gebring.

GENESIS 2:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Van die ribbebeen maak die HERE God toe ’n vrou en bring haar na die mens toe.