GENESIS 2:1-6
GENESIS 2:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde. Toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die HERE God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie ’n mens wat die grond kon bewerk nie. Maar water het uit die aarde opgeborrel en so is die grond natgemaak.
GENESIS 2:1-6 Bybel vir almal (ABA)
God het die hemel en alles daarin klaar gemaak en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was al die werk wat God gedoen het, klaar. Hy het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie. God het die sewende dag geseën. Hy het dit 'n gewyde dag gemaak, want op daardie dag het Hy gerus nadat Hy al sy werk klaar gedoen het. Dit is hoe die hemel en die aarde begin het toe God dit gemaak het. Toe die Here God die hemel en die aarde gemaak het, was daar nog nie plante in die veld op die aarde nie. Daar het nog nie plante gegroei nie, want die Here God het nog nie reën op die aarde laat val nie. Daar was ook nog nie 'n mens wat in die grond kon werk nie. Daar het water uit die aarde opgekom en die water het die grond natgemaak.
GENESIS 2:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. DIT is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.
GENESIS 2:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie. Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak.
GENESIS 2:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So is die hemel en die aarde en alles wat daarby hoort, voltooi. God was op die sewende dag klaar met sy werk wat Hy gedoen het; en Hy het op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gedoen het. God het die sewende dag geseën; Hy het dit heilig verklaar, want op dié dag het Hy gerus van al sy werk – dit wat God geskep het deur dit te maak. Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het – geen struike van die veld was al op die aarde nie, en geen gewasse van die veld het al uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was nie 'n mens om die grond te bewerk nie, maar 'n ondergrondse stroom water het uit die aarde opgewel en die hele oppervlakte van die grond nat gemaak
GENESIS 2:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So was die hemel en die aarde volbring, en hulle hele leër. Op die sewende dag het God Sy werk voltooi wat Hy geskape het; en op die sewende dag het hy gerus van al Sy werk wat hy gemaak het. God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het na al die skeppingswerk wat hy gedoen het. Dit is dan die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is, asook van die mens in die tuin op die dag toe die HERE God hulle gemaak het. Asook al die plante van die veld voordat dit in die aarde was, en al die plante van die veld voordat dit gegroei het, want die HERE God het dit nie op die aarde laat reën nie, en daar was niemand om die grond te bewerk nie. Maar 'n mis het van die aarde af opgegaan en die hele oppervlakte van die aarde natgemaak.
GENESIS 2:1-6 Die Boodskap (DB)
So het die hemel en die aarde en alles daarin ontstaan. Op die sewende dag was alles klaar. Al God se werk was afgehandel. Op die sewende dag het Hy toe gerus van al die werk wat Hy gedoen het. God het toe dié dag geseën en gesê dit moet afgesonder wees van die ander ses dae. Op die sewende dag het God nie gewerk nie, Hy het van die vorige dae se werk gerus. Dit is dan die verhaal van die hemel en die aarde en hoe dit ontstaan het. Die dag toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was alles op aarde kurkdroog. Daar was nie ’n enkele plant in die grond nie en ook geen bossies in die veld nie. Alles was droog, want die Here God het nog nie reën op die aarde gestuur nie en daar was ook nog geen mens om die aarde te bewerk nie. ’n Mistigheid het later vanuit die dieptes van die aarde opgekom en die grond natgemaak.
GENESIS 2:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde. Toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die HERE God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie ’n mens wat die grond kon bewerk nie. Maar water het uit die aarde opgeborrel en so is die grond natgemaak.